HMS Beagle

Die HMS Beagle in die Straat van Magellaan.

Die HMS Beagle was 'n Cherokee-klas skip van die Britse Vloot. Dit is bekend as die skip waarmee Charles Darwin na Suid-Amerika gevaar het om natuurhistoriese studie te doen en plant- en dierspesies te versamel.[1] Die skip is op 11 Mei 1820 van die Woolwich-skeepswerf op die Teemsrivier te water gelaat. Nadat dit vir vyf jaar vir militêre gebruik in reserwe gehou is, is dit op 27 September 1825 as 'n navorsingskip omgebou.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search